Braunzijnkop Wild2018-09-03T10:31:06+00:00

Braunzijnkop Wild

Braunzijnkop Wild van Sebastiaan Steyn is `n mooi stukkie bosveld wat geleë is in die Vrystaat.

Sebastiaan, ‘n sesde generasie boer, het in 2000 begin om saam met wildvangspanne te werk en dit is waar sy liefde en kennis van wild begin het. Hy en sy pa het ook gedurende die tyd met verskeie wild spesies begin boer op hul saaiplaas waarop die Steyn familie al reeds 135 jaar lank boer.

In 2014 koop hy die ruig bebosde Braunzijnkop en word sy diere soontoe geskuif. Sebastiaan het sy wye kennis van wild en wild teel op ‘n baie praktiese wyse van sy tante, die welbekende Tina de Jager van Valley Venture geleer. Die hardwerkende jong man het ook sy eie wildvervoeronderneming wat wild reg deur Suid-Afrika en Namibië vervoer.

Van die uitsonderlike diere op die plaas is:

Livingstone elande, goue wildebeeste, swartwitpense, tsessebes, swart rooibokke, renosters en njalas.  Al die diere is koue aangepas en gewoond aan addisionele voer.

Die Steyn familie deel graag hul kennis oor wild, wildteel en vervoer en bied ook graag die volgende dienste aan die wildbedryf

  1. Vervoer van wild
  • Enigiets vanaf ‘n twee-kompartement voertuig tot 18-kompartement trok
  1. Helikopterdienste met die uiters ervare vlieënier Andries Steyn:
  • Massavangste
  • Pylwerk
  • Netgeweer
  • Sling werk
Braunzijnkop Wild’s Mini Auction Catalogue 2018

 

Contact