Soetvelde Farms2018-09-03T10:41:59+00:00

SOETVELDE FARMS,

INTEGRITEIT, EERLIKHEID, DRINGENDHEID

Geskiedenis

Soetvelde Farms is gelee in Noordwes, in die Potchefstroom distrik. Soetvelde farms was aanvanklik n kommersiele saai en beesboerdery in die Vereeniging distrik en het onder andere met sowat 5000 bees op voerkraal 3000 kommersiele koeie, 1000 ha droelande en 750 ha besproeiing. In 2007 het ons alles verkoop en 2010 met wild begin boer met die fokus op kwaliteit eerder as kwantiteit.

Ons boer tans op meer as 2000ha in die Potchefstroom area

Sedert 2016 is mnr Pieter Janeke deel van die Soetvelde span en bestaan uit 3 aandeelhouers nl. Werner van Tonder, Ro’an van Tonder en Pieter Janeke as hoof aandeelhouer

Spesies waarop ons hoofsaaklik fokus is buffels, swartwitpense gemsbokke en king cape elande, maar boer ook met njalas, verskillende springbokke en rooibokke.

Buffels

Ons boer met sowat 90 buffels met n gemiddelde horinglengte op ons koeie van 33’’ en teelbul Maximus 47.1/8’’ uit die skaars Madikwe lyn, en ons koeie is hoofsaaklik oos afrika lyne.

Deur nie oorhaastige besluite te neem mbt seleksie van buffels nie, beteken dat ons ons jong diere genoeg kans gee om te ontwikkel, wat gelei het dat ons buffel bulle van onderskeidelik 48,5/8’’ op 6 jaar met n sci van 139’’(top 3 volgens ons kennis), n 48,6/8’’ op 5,5 jaar en nog n 5 jaar bul  al 47’’ meet en groei.

Ons teel nie net groot bulle nie maar ook elke seisoen 3 jaar oue verse wat 30’’ plus meet waar ons grootste vers 33’’ met met n sci van 91,5’’ op 3 jaar presies.

Swartwitpense

Ons boer met 4 troppe en met koeie tot 34’’, teel bulle van 46’’, 47’’, 48,4/8’’, en Hurriacan Albert 51,3/8’’ op 5 jaar. Ons selekteer ook vir sekere eienskappe en die volmaakte swartwitpens te teel, en kom al nader aan ons doelwit, bv reeds 2 bulle geteel op 4,5jaar en 5 jaar van 48,5’’ plus en ook jonger bulle wat reeds 45’’ meet.

 

Gemsbokke

Ons boer met gewone, rooi en goue gemsbokke.

By ons gewone trop boer met 2 troppe van 40’’tot 46’’ koeie met ons teelbulle, 747 (44’’)

Suidwes 46,2/8’’ wat volgens ons kennis die grootste bul in Namibia was

Net die beste diere word geselekteer vir teeldoeleindes.

Ons rooi gemsbokke kom vanaf Piet du Toit en is uit die baie goeie Kalahari lyn en bly steeds die skaarste kleurvariant wat bestaan.

Ons goue gemsbokke kom ook van Namibia en teel elke seisoen 40’’ verse en teelbulle van hoe gehalte.

Ander spesies

Ons boer ook met baie mooi king cape elande, tot 16 strepe en teel elke jaar besonderse aanteel, ons njalas is ook van hoogstaande gehalte met verskeie bulle bo 29’’ tot 30’’,en ons koffiespringbokke is uiters skaar omrede dit die Kalahari geen dra wat groter horing en lywe vir die toekoms beteken

Jag

Ons het in 2018 begin jag in die Potchefstroom area, en het verskeie kliente met  komplimente en positiewe terugvoer ontvang van die ervaring en veral die kwaliteit diere wat gejag is, te danke aan goeie seleksie en teling die afgelope 8 jaar en iets om op te bou vir die toekoms

Soetvelde Farms’ Mini Auction Catalogue 2018

Contact